Die Donker Toring

Die Donker Toring

“Die Donker Toring was gemaak in 'n tyd voordat als so mal geraak het met toere en groot shows”, deel Chris Von Wielligh. “Ek en Danie [du Toit, hoofsanger en liedjieskrywer vir Spoegwolf] het saam in 'n woonstel ingetrek en in die leefarea gewerk aan die eerste pre-production weergawes. Dit was Januarie 2017 - dink ek - en 'n tyd van nuut begin met paar hartseer nostalgiese vibes. Ons was amped om 'n goeie stuk kuns te maak. Ons was ook redelik arm. Ons het die pre-production in 'n woonstel gedoen en toe by Jürgen [opname-ingenieur] die groot dromme gaan record. Ons het nie baie hard getoer nie. Ek dink nie ons was toe al baie bekend nie. Albert [basgitaarspeler vir Spoegwolf] het by 'n online marketing plek gewerk en moes toe quit om Potch jool te gaan speel. Moskou [drommer van Spoegwolf] het homself dood in 'n restaurant gewerk en ek en Danie was besig by die universiteit.” Oor die onheilspellende naam sê Chris: “Daar was 'n groot, ou King Kong poster in die sitkamer wat Danie as 'n geskenk destyds by sy ouers gekry het. Ons het ge-scheme dit lyk cool en het só aan die konsep vir Die Donker Toring gekom. Dit het gepas by ons hartseer, outsider atmosfeer.” Chris “scheme dit is van ons beste werk. Ons wou altyd 'n konsep-album maak en ek dink díe was die eerste keer wat ons dit kon regkry. Dit was nie so hectic sukses soos Koma nie, maar dit was definitief die jaar waar dinge begin verander het vir ons as 'n band en as persone.” Een van Chris se gunsteling liedjies is “Noorde”. “Ons het ’n regte orrel in die kerk in die Paarl gaan record vir die sound.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada