Die Aandblom 13

Die Aandblom 13

Die album skop in met ’n retro-synth uit ’n alternatiewe dimensie uit. Dit is argetipies Afrikaans tog futuristies in sy ruimte. Soos David Bowie gemeng met Koos Kombuis. “Siele Loop Sielloos’ is liefde wat oorwin en geen diskriminasie”, verduidelik Arno. “Life is too short. Who gives a f*ck? Lekker om die album oop te maak met iets wat ek nog altyd wou sê. Ek is bly dit het my so lank gevat om my eerste Afrikaanse album te maak”, sê hy met trotse sekerheid. Arno Carstens is ’n huishoudelike naam in die Suid-Afrikaanse alternatiewe industrie. Hy het beroemdheid verwerf as voorsanger vir legendariese rock groep Springbok Nude Girls en groot sukses behaal met sy solo loopbaan. “Toe ek Springbok Nude Girls saam met die ouens begin het, het ek glad nie gedink aan Afrikaans nie. Dit was net na ’94 en daar was nie meer ’n internasionale verbod op ons musiek nie en ons wou net deel van die wêreld wees. In my opbrengs het ons nooit eintllk Afrikaanse musiek geluister nie.” Maar die taal gebruik op Die Aandblom 13 is opvallend poëties en volwasse vir ’n debuut vrystelling. “My Pa het altyd Sondae na braai by die etenstafel CJ Langenhoven gelees en ek is versot op daai suiwer Afrikaans” vertel hy. Hy vertel ook toe hy in Londen gebly het en vir Celine Dion Franse liedjies hoor sing tussen haar engelse liedjies hy besef het dit lig haar as kunstenaar. “Toe ek terug kom en Sony maak my ’n offer toe werk ek saam met Fred Den Hartog [vervaardiger en guitar speler van Die Heuwels Fantasties] en Dane Taylor aka Taylor Soundworks [klank ingenieur vir oa. Francois van Coke].” Aandblom St. 13 is die adres van Arno se ouer huis: “Dis waar vier kinders groot geword het en as ons ouers weg is het ons geparty. Dit was ’n ander tyd waarin ons groot geword het. Gesond, maar ook frustrerend. Daai frustrasie was goed vir my as kunstenaar. Ek het drama gevat en koor gesing. Alles om nie Rugby te speel nie. In Worcester was daar ’n plekkie vir almal in die son. Ons was maar 250 kinders in die skool. Daar was nie baie plek om weg te kruip nie.” Nadat al die seuns die huis verlaat het “is Aandblom 13 nogsteeds die plek waarheen ons altyd terug keer. Die huis het ’n energie vir my. Al die memories. Stunning and sad all at once.” Al die liedjies is baie persoonlik. “Ceres se bos waar ek Honey Blossom gesuip het en perd gery het saam met my buddy en amper gemoer was in die hotel daar waar die rotse stil staan en wag vir die volgende aardbewing. En soos ‘dis ’n ander man se vrou met wie jy trou’ gaan oor ’n buddy wat geskei het daai tyd.” Die album eindig met ’n wens-gebed. “’n Fantasie is ’n nice way to go out. Musiek is ontvlugting.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada